Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.
Landbouweekblad
IN ’N BLIK • Dis soos Breaking Bad, maar vir kunsmis
Stories wat in die landbou saak maak
Tamatiemark bly uiters wisselvallig – Absa
Wenner
Verloorder
Kommer oor ‘nuwe menslike ramp’ • Die boere en inwoners van Stilbaai en die omgewing is bekommer oor ’n projek van die regering om minstens 63 informele varkboere van die KwaNonqaba-woonbuurt in Mosselbaai te skuif na ’n plaas wat pas aangekoop is en aan weerskante van die Stilbaai-pad (R305) geleë is.
Die chaos van geen reëls
Briewe
Sukkel SA met onbeholpenheid of moedswilligheid?
Winsgewendheid op naaldpunt vir graanboere • Met oestyd wat reeds in die somergraangebiede aan die gang is en planttyd wat nou in die wintergraanstreke begin, is die vraag of graanboere hoegenaamd nog winsgewend kan boer. Daar skuil dalk geleenthede in ’n groter skuif na kanola en sojabone, tesame met herlewingslandboupraktyke.
Herlewingslandbou, finansiering en skuld
BKS: ‘Haastige’ private sektor móét met ‘skilpad’-staat saamwerk • Meer laboratoriums kan dalk in die afsienbare toekoms aangestel word om vir bek-en-klouseer (BKS) te toets, is op Noordwes se Rooivleisprodusenteorganisasie (RPO) se jaarkongres bekend gemaak.
Staat se voetslepery het boere teen die toue • Boere bevind hulself tans in ’n onhoudbare situasie waar onduidelike, streng verskuiwingsregulasies rondom bek-en-klouseer (BKS) hul boerderye lamlê.
Navorsing bevraagteken verlammende slagregulasies
Konflik verhoog koste en risiko vir boere • Die konflik in die Midde-Ooste veroorsaak vir die Suid-Afrikaanse landbouwaardeketting stygende koste van produksiemiddele, asook ontwrigte handelsvloei en verhoogde logistieke risiko’s, en verbruikers kan hoër voedselpryse verwag, sê Absa Agribesigheid.
Landbou kan R30 miljard meer betaal vir brandstof en kunsmis
‘Verskuilde koste’ van hoë brandstofpryse wek kommer • Voorspellings dui daarop dat die prys van diesel in Mei met sowat R10/liter kan styg indien die huidige situasie voortduur. ’n Ontleder sê dit sal ongekende druk op Suid-Afrikaners veroorsaak, maar daar is verdere verskuilde koste wat groter kommer wek.
Nuuskierige boer kap sy hakke in oor dieselprys • Hy het vroeg in sy loopbaan besluit om sy inkomstestrome te diversifiseer deur ook in ’n vulstasie te belê. Met een voet in die landbou en die ander in die brandstofbedryf kan Pierre van Eeden nie stilbly oor die sistemiese probleme wat hy in Suid-Afrika se brandstofprysstelsels sien nie. Hy is een van Landbouweekblad se landbouhelde.
Herskikking: Só pas wêreld aan weens oorlog • Nie een van die drie moontlike scenario’s ná Amerika en Israel se oorlog teen Iran bied veel hoop vir Suid-Afrika nie. Net toe ekonomiese groeilote wou kop uitsteek, word die wêreldorde omgekrap en groei geknak.
Hoe gemaak met die surplus somergraan? • Herstrukturering in die somergraanmark is onafwendbaar, en ernstige debatvoering – om vroeër eerder as later oplossings te vind – is nou uiters belangrik. Dit is beter indien dit self ingestel word as dat die mark dit gaan afdwing.
Verskeidenheid plante bied beste weerstand teen weidruk
Brande in veenlande blus deksels moeilik
Só kan kanola meer gereeld geplant word
Die oorlog wat op Barkly-Oos se meentgrond dreig • Op die vooraand van nog ’n winter is ’n geskil oor grond by Barkly-Oos ’n roof wat elke dag afgekrap word. Elke ingewikkelde storie het drie kante, maar ’n verwikkelde netwerk van korrupsie en onwettige...